Tuesday, December 16, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 18 Augustus 2025

RSG Landbou: 18 Augustus 2025

In vanoggend se RSG Landbou is daar gesels oor die Swartlandskou, die belangrikheid van suiwel vir beengesondheid en die LRF-veeskool.

Kollig op Swartlandskou

Die Swartlandskou is vanjaar 91 jaar oud en is bekend vir hulle landboufokus. Jacques Bester vertel ons wat besoekers vanjaar kan verwag.

Die belangrikheid van suiwel

Tieners, en veral meisies, is geneig om melk uit hulle dieet te sny. Melk SA praat oor die belang van suiwel by beengesondheid.

Groot afwagting voor Veeskool

Terug na die basiese beginsels is die tema van vanjaar se LRF Veeskool, maar hoe basies moet ons teruggaan? Kobus Bester beantwoord hierdie vraag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...