Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 18 Augustus 2022 – geborg deur Brahman SA Beestelersgenootskap

Sietze Smit van die Brahman SA Beestelersgenootskap kuier in Donderdag se aflewering van RSG Landbou in die ateljee. Hy gesels oor die sukses van dié ras die afgelope jaar asook hulle besoek aan die Wêreld Brahmanskou.

Vroeë-afsterwing van aartappels is ‘n grondgedraagte siekte wat groot probleme vir produsente in Limpopo veroorsaak. Drs René Sutherland en Estianne Retief van die Landbounavorsingsraad brei uit oor hul navorsing hieroor.

Kry die jongste vleispryse.

Daarna is Francois Knowles van die Landbouprodukte-agenteraad (APAC) aan die woord. Hy verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat die verbod op die vervoer van beeste behels.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is terug op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou beïnvloed.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman SA Beestelergenootskap

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories