Saturday, September 14, 2024

RSG Landbou: 17 Oktober 2023 – geborg deur AECI Plant Health

By sitrusverbouing beïnvloed vooroespraktyke en -produkte, na-oes gehalte asook die raklewe van ‘n vrug. Ons gesels met dr Werner Rossouw van AECI Plant Health hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan kuier ons verder by die Komga-skou wat vroeër in Oktober gehou is. PJ Butler wat tans in Texas woon, was een van die beoordelaars en ons hoor waarop hy fokus tydens beoordeling. Daarna gesels Edgar Wichmann van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging met RSG Landbou-luisteraars oor hulle betrokkenheid by dié jaarlikse skou.

Daarna bring Heinrich Victor luisteraars op hoogte van pryse wat by die laaste wolveiling behaal is.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health.

Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories