Friday, December 2, 2022

RSG Landbou: 17 Oktober 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

RSG Landbou gesels hierdie week met die drie finaliste wat Vrydagaand meeding vir die titel van Graan SA se Graanprodusent van die Jaar. In Maandag se aflewering van die program is JP Meintjes van Viljoenskroon aan die beurt. Hy plant hoofsaaklik witmielies.

Dan is Graan SA se Opkomende boer van die Jaar onlangs by Nampo Park aangewys. Christal-Lize Muller het by dié geleentheid met Jeremaia Mathebula oor Graan SA se Landbou-onwikkelingsprogram, gesels.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. George Potgieter van die Progen Groep brei uit oor hulle produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories