Die verbruik van Wagyu-vleis het die afgelope jaar viervoudig onder Suid-Afrikaners toegeneem. Johan de Vos en dr Michael Bradfield, van die Wagyu-vereniging van Suid-Afrika, gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan vind ons uit hoe diere-eienaars kan vasstel of veeartse by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad geregistreer is. Johann Muller gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Beestuberkulose en brusellose is twee van die belangrikste veesiektes, maar toetsfasiliteite wat broodnodige diagnostiese dienste hiervoor kan verskaf, is skaars. Die Departement Veeartsenykundige Tropiese Siektes by Onderstepoort het onlangs akkreditasie verkry om ‘n diagnostiese diens hiervoor te lewer. RSG Landbou kuier saam met prof Anita Michel by Onderstepoort se Serologie-laboratorium om meer hieroor uit te vind. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.