In vanoggend se RSG Landbou het Yolandi Erasmus en prof Andries Raadt meer vertel oor die wol- en rooivleiswaardeketting asook die opkomende Bonrino Bonsmara-veiling.
Wol en rooivleis-waardeketting
Die Karoo Winter Wolfees word vanjaar vanaf 3 tot 5 Julie in die Middelburg-omgewing aangebied. Die volledige wolwaardeketting word ten toon gestel en Yolandi Erasmus vertel waarna besoekers vanjaar kan uitsien.
Die Vrystaatse Rooivleisprodusenteorganisasie het onlangs kongres gehou en prof Andries Raadt vertel wat daar bespreek is.
Veilings en wolmark
Hendrik Theron van Bonrino Bonsmara praat ook oor hul veiling van 26 Junie by Dewetsdorp.
Heinrich Victor is terug met die week se wolmarkverslag.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

