Suid-Afrika is bekend vir wêreldkampioen-handskaapskeerders. Twee skeerders het onlangs in Skotland hul staal gewys en teruggekeer met die wêreldtitel en dít boonop met die skeer van ‘n ander skaapras as wat hulle gewoond is. Izak Klopper van die Nasionale Wolkwekersvereniging was die spanbestuurder en hy brei uit oor die afgelope Golden Shears-wêreldkampioenskappe. Hy brei ook ook uit in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor masjienskeer en waarom Suid-Afrika hier tekort skiet.
Daaran vertel Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmara vir RSG Landbou-luisteraars waarom hy na sy produksieveiling op 26 Julie verwys as “The right type”.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.