Inspeksiedienste van graan en oliesade wat deur die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling voorgestel is, is vir eers gestaak. In Maandag se aflewering van RSG Landbou, hoor ons by Wessel Lemmer van Agbiz Grain wat die rede hiervoor is.
Dan het Nuy by die 2021 Veritas-toekennings ‘n goue medalje vir hulle Sauvignon Blanc gekry, maar dié wyn was eintlik deel van ‘n eksperiment. Christo Pienaar vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer daarvan.
Luister nou na hierdie lekker onderhoude.