Die gevaarlike Palmer amarant-onkruid is onlangs vir die eerste keer op ‘n plaas in die Potchefstroom-omgewing aangetref. Die onkruid is uiters skadelik vir die omgewing en veral vir landbou. Wat staan produsente te doen? Dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA en Prof Charlie Reinhardt van die Noordwes Universiteit gesels hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos in die RSG Landbou-ateljee met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen is ook terug op sy pos. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte  van die jongste vleispryse.

RSG Landbou sluit die program af met ‘n lekker veiling wat binnekort plaasvind. Lucasdam Dorpers en CJ Coetzee Witdorpers se veiling vind op 24 Februarie in Postmasburg plaas. Luister na wat die aanbod gaan behels.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.