Nampo Kaap is om die draai – daar is weereens ‘n paar nuwighede waarna besoekers kan uitsien en Chrystal van Wyk brei hieroor uit in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.
Presisievoeding is al meer onder die vergrootglas vanwëe wisselende insetkostes van roumateriale. So sê Pieter Oosthuizen van Cargill. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor dié onderwerp en verduidelik ook watter faktore ‘n rol speel in die bepaling van ‘n dier se voedingsbehoeftes vir ‘n spesifieke doel.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Daarna bring Johan van den Berg RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weervooruitsigte.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Agri-Expo.
The Cape of Good Hope Agricultural Society was established in 1831. In 1996 the Society registered Agri-Expo as the marketing brand. Today, Agri-Expo is a professional promotion and marketing organisation for the agriculture sector, focussing on exhibitions and other Public Relations initiatives, in the interest of its members, agricultural role players, the government and the public.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.