Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 17 Augustus 2022 – geborg deur Brahman SA Beestelersgenootskap

Petrus van Rooyen van Pannar gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor die lesse wat kuilvoerprodusente met die maak van kuilvoer, tydens ’n buitengewone nat seisoen geleer het.

Die Suider-Afrika-been van IFPA bied hierdie week ’n ekspo in Kaapstad aan. Handelsooreenkomste, die toepassing van digitale tegnologie, en uitvoergeleenthede, is van die sake wat aandag sal geniet. Adolf Kieviet van Freshworld vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Prof Paul Lubout van Noordwes-Universiteit brei uit oor meer winsgewende koeikuddes.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman SA Beestelergenootskap

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories