HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 16 Maart 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 16 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Bloemskou vier vanjaar hul 140ste bestaansjaar en vir landbouers is daar baie om na uit te sien. Vir kleinvee-, grootvee- en perde-entoesiaste is daar onder andere 20 kampioenskappe waarvan 9 nasionale kampioenskappe is. Elmarie Prinsloo vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor in Donderdag se aflewering van die program.

Inskrywings vir die gesogte SA Suiwelkampioenskappe sluit 24 Maart en ons gesels met Breyton Milford van Agri-Expo hieroor.

Dan sluit Richardt Venter van AgSci Unlimited hierdie week sy kuilvoertoer af met ‘n besoek aan die Limpopo-provinsie.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg....