Tuesday, January 13, 2026

RSG Landbou: 16 Junie 2025 – geborg deur Plaas Media

In vanoggend se RSG Landbou hoor ons van Deon Saayman oor die wolbedryf asook André Scheepers van die Mpumalanga Sambreel-brandbeskermingsvereniging wat raad gee oor die komende brandseisoen.

Wolbedryf

Deon Saayman van Cape Wools gee terugvoer oor die IWTO, oftewel International Wool Textile Organisastion-kongres wat in Mei in Frankryk plaasgevind het. Hy was ook een van die sprekers tydens die onlangs NWKV algemene jaarvergadering.

Brandseisoen

Die brandseisoen vir somerreënvalgebiede is hier en André Scheepers van die Mpumalanga Sambreel-brandbeskermingsvereniging gee raad. Hy het tydens Agri Mpumalanga se kongres met ons gepraat.

Bonsmara Veiling

Verder vertel Ester Hertzog van Boshoff Bosmara watter diere op 25 Junie by hul veiling in die Leandra-omgewing op aanbod sal wees.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories