In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf, nematode-monsterneming en diagnostiese ontleding en ons ontvang die nuuste weervooruitsigte en vleispryse.
Konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf
Het jy geweet die eerste konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf word vroeg in Augustus by Franschhoek aangebied? Talitha Venter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wingerd- en Wynkunde vertel ons meer.
Nematode-monsterneming en diagnostiese ontleding
Nematodes is mikroskopies-klein ronde- of aalwurms wat in grond, water en plantweefsel voorkom. Sommige is uiters voordelig, terwyl ander groot skade kan aanrig. Nematode-monsterneming en diagnostiese ontleding is noodsaaklik vir die bestuur hiervan, maar wat presies behels hierdie proses? Raymond Collett van MBFi deel ‘n paar wenke.
Nuutse weervooruitsigte en vleispryse
Johan van den Berg is terug met ons weeklikse weervooruitsigte en Chris Derksen gesels soos altyd oor vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



