RSG Landbou: 16 Julie 2025 – geborg deur Melk SA

Vanoggend se RSG Landbou onder leiding van Lise Roberts is daar meer besonderhede oor Nampo Kaap, die LRF-veeskool en ‘n bonsmaraveiling.

Tegnologie-slim by Nampo Kaap

Slim tegnologie vir doeltreffende hulpbronbestuur. Dis die tema van vanjaar se Nampo Kaap wat weer vanaf 10 tot 13 September by Bredasdorppark aangebied word. Chrystal van Wyk vertel ons meer.

Veeskool fokus op basiese beginsels

Dan verduidelik Kobus Bester waarom die LRF met hul veeskool in Oktober op die basiese beginsels van slim veemanskap gaan fokus.

Geldenhuyse hou veiling

Geldenhuys Bonsmaras hou veiling op 29 Julie in die Belfast-omgewing en Michiel Geldenhuys brei hieroor uit.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die invloed van individuele spasietoekenning op lammers se voer- en waterinname (Deel 1)

Estimated reading time: 8 minutes Die stygende wêreldvraag na voedsel tesame met ’n afname in...

Van toeka tot nou: Slagdag op die plaas

Estimated reading time: 6 minutes Ná ’n slagdag is daar seep gekook, vet en kaiings...

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles,...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos...