RSG Landbou: 16 Februarie 2023 – geborg deur SOILL

In Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor kuilvoer fokus Richardt Venter van AgSci Unlimited op kuilvoermaak in die Noord-Kaap. Die gebrek aan groot masjinerie en kuilvoerkontrakteurs is veral vir dié provinsie ’n uitdaging.

Daarna gesels ons met Breyton Milford oor die herstrukturering van Agri-Expo wie se bedrywighede hoofsaaklik op die Wes-Kaap gefokus is. Klik hier om die nuusberig te lees.

Chris Derksen vertel vir RSG Landbou-luisteraars soos altyd meer van die week se vleispryse en Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer.

Pieter Burger van Syngenta sluit die program af. Hy brei onder andere uit oor wat die Syngenta Spray Assist toep behels.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.