Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid, gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor die rol van insekbeheer in ‘n biosekuriteitsprogram.

‘n Verhoging in die nasionale minimumloon tree op 1 Maart in werking. Alwyn Annandale van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik op RSG Landbou hoe dit bepaal word, die impak daarvan op landbou, en hoe boere kan aansoek doen om kwytskelding van die verhoging.

Dan kuier Carin Venter, RSG Landbou se streekverteenwoordiger in die Oos-Kaap, by Bull van Rensburg van Groenwei Boerdery. Hy het die afgelope twee jaar uitsonderlik gevaar in die hawerkuilvoerkompetisie. Sy vind uit oor die waterverbruik by die maak van hawelkuilvoer in droëlandproduksiegebiede.

David Cochrane van Spoor & Fisher kuier ook in die RSG Landbou-ateljee. Hy gee meer duidelikheid oor planttelersregte, hoe dit bekom word, die termyn van hierdie regte, en die skending daarvan.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.