In Woensdag se aflewering van die program gesels ons oor uitdagings vir landbouskoue. Tydens Agri-Expo se ledeskouvergadering in die Wes-Kaap, het dié onderwerp onder bespreking gekom en RSG Landbou het die geleentheid bygewoon.
Die suiwelmaatskappy, Danone, het in 2022 ‘n samewerkingsooreenkoms met die Ncora Dairy Farm in die Oos-Kaap aangegaan. As deel van die projek, het hulle vanjaar vyf vroue bemagtig met kennis oor bemarking, bestuur, verwerking en ander vaardighede wat op die volhoubaarheid van hul landboubesigheid fokus. RSG Landbou-luisteraars kan inskakel vir meer hieroor.
Daarna is dr Louis du Pisani aan die woord. Hy brei uit oor waarom Piet Roux van Prieska die 2023 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kroon dra.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Agri-Expo.
The Cape of Good Hope Agricultural Society was established in 1831. In 1996 the Society registered Agri-Expo as the marketing brand. Today, Agri-Expo is a professional promotion and marketing organisation for the agriculture sector, focussing on exhibitions and other Public Relations initiatives, in the interest of its members, agricultural role players, the government and the public.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.