Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 16 Augustus 2022 – geborg deur Brahman SA Beestelersgenootskap

Die eerste Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur is onlangs aangewys. James Faber van Barkley-Wes brei uit oor sy klimaatslim-boerderypraktyke in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Daarna hoor ons ook van dr Louis du Pisani, wat in samewerking met Plaas Media dié projek van stapel gestuur het. Daar was vier finaliste en hy gee terugvoer oor elk.

Dan gesels prof Martin Steyn van die Universiteit van Pretoria oor navorsing wat hulle doen oor water en energie-gebruiksdoeltreffendheid by verskillende aartappelbesproeiingstelsels.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman SA Beestelergenootskap

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories