Dan is die somergraanplantseisoen om die draai en Sclerotinia is ‘n plantsiekte wat produsente regoor Suid-Afrika teister aangesien dit in sojabone en sonneblom voorkom. Verskeie navorsers deel hul insette hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.
Mianke van den Hever van Hanover is ‘n besonderse plaasnooi met Downsindroom. Sy vertel vir RSG Landbou-luisteraars van haar liefde vir diere en haar plaaslewe op Beestekuil.
Ede Farming bied op 28 September hul suiweldag en produksieveiling aan en Poena van Niekerk vertel meer wat die dag behels.
Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou beïnvloed.
Ons sluit die program af met veilingsnuus. Gert Nienaber van Germar Bonsmaras gesels op RSG Landbou oor hul komende veiling
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.