Thursday, September 12, 2024

RSG Landbou: 15 November 2023 – geborg deur Antrovet

90% van Suid-Afrikaanse volstruisprodukte word uitgevoer. Internasionale aanvraag en pryse het ‘n groot invloed op ‘n onderneming se winsgewindheid en daarom is die voeding en bestuur van dié voëls asook dierewelsyn so belangrik. André Bezuidenhout van Feedtek gee raad oor voeding en bestuur in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan het ons tydens die International Society for Applied Ethology se werkswinkel oor dierewelsyn en -gedrag met dr Adriaan Olivier van die Volstruisbesigheidskamer gesels.

Prof Schalk Cloete van die Universiteit van Stellenbosch se Departement van Dierewetenskappe onderstreep die nodigheid vir ‘n sterker fokus op navorsing oor goeie dierewelsynspraktyke.

Luister nou na dié insiggewende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.

At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories