RSG Landbou: 15 November 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou bespreek ons ‘n paar uiteenlopende onderwerpe. Johan Janse van Rensburg van Corteva, verduidelik watter voordele saadbehandelingstegnologie vir die produsent inhou.

Ewie Coetzee van Feedtek, onderstreep daarna die belangrikheid van fosforaanvullings vir weidende herkouers.

Boere implementeer innoverende inisiatiewe om voedselsekerheid te verseker en landbou dra noemenswaardig by tot werkskepping in Suid-Afrika. Daneel Rossouw van Nedbank gesels met RSG Landbou-luisteraars op sy beurt hieroor.

Heinrich Victor van OVK gee verslag oor wolpryse wat by die weeklikse veiling behaal is, die jongste markaanwysers, asook die invloed van internasionale markte.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die November-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories