In ‘n skaapboerdery wanneer daar sulke hoë getalle betrokke is, is dit soms moeilik om rekord te hou en jou passasiers in ‘n kudde te identifiseer. Ben Joubert van BKB DSS-dienste het onlangs tydens ‘n boeredag die waarde van data-analise onderstreep en ons hoor wat hy daaroor te sê gehad het in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.
Wanneer die inwoners van ‘n naburige plaas herhaaldelik laataand oor naweke lawaai, wat staan jou te doen? RSG Landbou het dié navraag van ‘n luisteraar ontvang en Hans-Jurie Moolman van Moolman en Pienaar ingelyf gee raad hieroor vir RSG Landbou-luisteraars.
Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.