Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 15 Junie 2022 – geborg deur SOILL

Anje Erasmus van Aartappels SA is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Sy bring luisteraars op hoogte van die jongste marktoestande.

Dan is daar nog terugvoer vanaf die onlangse NWKV-kongres. Prof Beatrice Conradie het ‘n studie gedoen oor die droogte in die Karoo en Carin Venter vra haar hieroor uit. Daarna gesels Carin ook met Chris Wilken van Furilex oor ‘n program wat op kommunale wolboere fokus. Hy brei onder andere uit oor die etiese en winsgewende produksie van kommunale wol- en bokhaarprodusente.

Dis planttyd vir kleingraanprodusente in die Wes-Kaap. Swamsiektes veroorsaak groot verliese maar met die regte bestuur kan dit voorkom word. Andries Duvenage van Syngenta vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Hendrik Theron Jnr, eienaar van Bonrino Boerdery, gesels op RSG Landbou oor hulle 19de Bonsmara-produksieveiling.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories