RSG Landbou: 15 Februarie 2023 – geborg deur SOILL

Johan Pyper van Southern Oil bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die huidige stand van die Suid-Afrikaanse kanolabedryf in Dinsdag se aflewering van die program.

Mielieboere Bonsmaras is ‘n groep van drie produsente van die Viljoenskroon-omgewing wat jaarliks twee produksieveilings aanbied. Laurence Allem vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat die waarde van so ‘n vennootskap is. 

Die Droughtmaster-beesras is onlangs amptelik erken ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing en na talle jare, staan die Afrika Droughtmaster nou bekend as Droughtmaster SA. Stompie Olivier, van Droughtmaster SA brei hieroor uit.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories