In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, kuier ons saam met Izak Hofmeyr in die Clocolan-omgewing. Hy het by Lodie van Rooyen se Nova Barletta Dormer-boeredag gaan inloer en onder andere met Alheit du Toit van Feedtek oor die waarde van goeie mikro-mineraalbestuur gesels.

Daarna is Carina le Roux van die Universiteit van die Vrystaat aan die woord. Sy gee vir RSG Landbou-luisteraars terugvoer oor haar lusernnavorsing.

Heinrich Victor van OVK bring ons daarna op hoogte van die jongste wolpryse.

Dr Roelof Botha van die Optimum Beleggingsgroep kuier ook in die RSG Landbou-ateljee om oor die ekonomie en landbou te gesels.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.