Die registrasie van boerbokke by SA Stamboek gaan oor die volgende paar jaar groot veranderinge ondergaan en boerboktelers sal van 2025 af net volledige stoetdiere op veilings kan aanbied. Mac-Hendrik Jordaan van die Wes-Kaap Boerbokklub gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Hy vertel ook hoe dit met boerbokke in dié provinsie gaan.
Jano Bezuidenhout van Aartappels SA is terug met die jongste markverslag.
Dan is daar ‘n aangepaste, nuwe manier om koeidoel-treffendheid te definieer. Dr Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Daarna is Chris Derksen aan die woord. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na hierdie onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.