Vrugte-uitvoere kom onder bespreking in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Ons het tydens die International Fresh Produce Association van Suider-Afrika se kongres in Kaapstad met Adolf Kieviet van Fresh World oor huidige uitdagings en nuwe markte gesels.

Volgens Richardt Venter van AgSci Unlimited, is die probleem van bolaagverliese by kuilvoer groter as wat die meeste produsente besef. RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat hy daaroor te sê het.

Spesialiste in die veld van dierevoeding en veevoervervaardigers neem toe. Ben Holtzhausen van Protea Chemicals gesels in RSG Landbou oor dié veld en wat die waarde daarvan vir landbou is.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Agri-Expo. Luister nou na dié lekker onderhoude.

The Cape of Good Hope Agricultural Society was established in 1831. In 1996 the Society registered Agri-Expo as the marketing brand. Today, Agri-Expo is a professional promotion and marketing organisation for the agriculture sector, focussing on exhibitions and other Public Relations initiatives, in the interest of its members, agricultural role players, the government and the public.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.