Agri Oos-Kaap het onlangs hul 20ste jaarkongres aangebied. RSG Landbou was ook daar om die 2022 Agri Oos-Kaap jongboerwenner, Morné Fitzhenry, te ontmoet. Hy is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Gunther Pretorius en Jason Kümm van Earth Ranger vertel vir luisteraars meer oor hulle platform vir die monitering van sprinkaanplae asook hulp met landelike veiligheid.
Ons hoor ook hoe georganiseerde landbou in die Oos-Kaap sprinkaanplae moniteer, en dieselfde platform vir landelike veiligheid gebruik.
Agri Oos-Kaap het onlangs hul 20ste jaarkongres aangebied. Medewerker, Carin Venter, het die geleentheid bygewoon en met ’n paar van die sprekers gesels. Christo van der Rheede van Agri SA deel ’n paar gedagtes oor Agri SA aan produsente.
Vir talle boere is veilings hul brood en botter. RSG Landbou-luisteraars kan meer uitvind oor watter veilings en genetika die komende week aangebied word. Chris Krugell Bloemendal Bonsmaras gesels op RSG Landbou oor hulle produksieveiling. Daarna sluit Mary Lochner van Hugenoot SA die program af met meer inligting oor die Bosveld-streeksveiling van 15 Augustus 2022
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman SA Beestelergenootskap
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.