Rhizobium is ‘n voordelige organisme of biologiese kunsmis wat stikstof uit die atmosfeer bind. Dis veral voordelig vir ons soja- en grondboonprodusente. RSG Landbou het onlangs ‘n simposium hieroor bygewoon en daar met verskeie rolspelers gesels. Luister nou na die insiggewende onderhoude in Woensdag se aflewering van die program.
Daarna vertel Zeiss Jordaan van Sneeuberg Dohne-Merino’s in die Cradock-omgewing ons watter lesse hy met die Karoo-droogte geleer het. Hy gesels ook oor die rol wat BKB in sy boerdery speel.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.
Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za