Longontsteking by beeste is ‘n belangrike onderwerp van gesprek. Dr Johann Stadler van Antrovet verskaf ‘n deeglike verduideliking oor die verskeie faktore wat ‘n rol speel in die ontstaan van hierdie siekte, asook wyse waarop dit voorkom kan word.
Ons gesels daarna verder oor die hormoon, rbST, wat melkproduksie by lakterende diere verhoog. Dr Tod Collins, ‘n onafhanklike suiwelkonsultant brei uit oor die effek wat dit op reproduksie het en of dit enigsins risiko’s inhou vir die mens.
Dan deel Heinrich Victor ook nuus oor die huidige stand van wolpryse. Hy verskaf insig oor die faktore wat die wolmark beïnvloed, en bring ook nuus oor enige onlangse ontwikkelinge wat ‘n invloed mag hê op die pryse van wol.
Vivian Jakobs, produksiebestuurder van die Du Toit Groep se Crispy Farming van Witzenberg (Ceres), is vanjaar tydens die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Prestige Agri-toekennings as die 2023 Wes-Kaapse Prestige Landbouwerker van die Jaar aangewys. Ons gesels ook met hom.
Luister nou na dié insiggewende onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.