Water in die Oos-Kaap bly skaars en landbou maak voortdurend planne om dié probleem aan te spreek. So het Woodlands Dairy in Humansdorp reeds ‘n paar jaar gelede met ‘n watersuiweringsprojek begin. André Adendorff verduidelik hoe dié proses werk in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Prof Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg is weer aan die woord en hierdie keer praat hy oor die impak van regeringsbesluite op landbou.
Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars weer op hoogte van die jongste nuus vanaf die laaste wolveiling.
RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het tydens die Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) se media-dag met Corine Steyn gesels oor invoertariewe en die rooivleisbedryf.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.