Dis avokado-tyd en die Suid-Afrikaanse verbuiker word aangemoedig om meer van dié vrug te eet en sodoende die plaaslike mark te ondersteun. Derek Donkin van die SA Avokadokwekersvereniging gesels oor dié bedryf, sy produsente en markte in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.
Die beskikbaarheid van goeie gehalte saad en veral vir die res van Afrika was ‘n groot fokus by die 2023 Wêreldsaadkongres wat onlangs in Kaapstad gehou is. David Malan vertel vir RSG Landbou-luisteraars hoe belangrik dié geleentheid vir lede van die saadbedryf is.
Isak Staats van BKB was ook by die SA Sybokhaarkwekersvereniging se kongres en ons hoor wat hy oor die bokhaarbedryf te sê gehad het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.