Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 14 Junie 2022 – geborg deur SOILL

Daar is tans meer as 40 000 kommunale wolboere in Suid-Afrika. Deon Saayman van Cape Wools gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor ‘n program wat die standaard van dié wol verseker en ook toegang tot groter markgeleenthede bied.

Heinrich Victor van OVK vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat by die laaste wolveiling van die seisoen gebeur het.

Daal pryse as gevolg van onsekerheid oor landelike veiligheid en infrastruktuur? Word plase eerder opgeveil as verkoop en watter pryse behaal plase? Andreas Greeff van Vleissentraal Eiendomme, werp lig op dié onderwerp.

Gavin Bristow, eienaar van Bristow Bonsmara, brei uit oor hulle 50ste produksieveiling.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories