HomePodcastsRSG Landbou: 14 Februarie 2024 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 14 Februarie 2024 – geborg deur BKB

Die korrekte gebruik van chemikalieë op melkplase kom onder bespreking op RSG Landbou. Die Suiwelstandaard-agentskap het aan die einde van 2023 ‘n webinaar hieroor aangebied. Dr Gerhard Verdoorn van CropLife SA was die aanbieder en hy gesels verder met ons oor dié onderwerp in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Charlotte Esterhuizen van Algar brei uit oor die voordele van ‘n lyfklamp wat deur ons veeprodusente in ‘n kraal gebruik word.

Frans Seevinck van Buckridge Bonsmaras in die Vryburg-omgewing gesels oor hul veiling van 27 Februarie.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Swellendam-skou gaan van krag tot krag

Estimated reading time: 6 minutes Hierdie jaar het die Swellendam-skou 'n merkwaardige 192ste viering beleef. Dié skou spog met die grootste streekjeugskou in die...