Die Sernick Groep het reeds in 2016 met die ontwikkeling van opkomende boere begin. Volgens Nick Serfontein is alles gebaseer op hoop en die verskil wat hulle in die mense se lewens maak, is noemenswaardig. Patrick Sekwatlakwatla, die leier van die program by Sernick, sê vroue neem tans die voortou. RSG Landbou het onlangs hul boeredag buite Kroonstad bygewoon. Maria Tswayi van Hertzogville is aangewys as die Boer van die Jaar. Sy boer met Bonsmara-beeste en boerbokke en sy sê harde werk en geloof is haar suksesresep. Kom luister gerus na wat die boere te sê gehad het in Dinsdag se aflewering van die program.
Heinrich Victor van OVK is soos oudergewoonte op sy pos met die weeklikse wolmarkverslag, asook die invloed van internasionale markte.
Luister nou na hierdie lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.
Who is SOILL?
Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.
The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.
We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.