Dit is tien jaar sedert SA Stamboek die groot stap geneem het om ‘n alomvattende diens aan produsente te lewer. Dr Japie van der Westhuizen kyk in Maandag se aflewering van RSG Landbou terug na dit wat hulle bereik het.

Dan sê dr Louis du Pisani dat kleinvee tans swaarkry as gevolg van die reën, en nie die nodige voedingstowwe inneem nie – hy gee vir RSG Landbou-luisteraars raad hieroor.

FP Coetzee van Aartappels SA kuier ook op RSG Landbou vandag. Hy gee ‘n terugblik van Aartappels SA se aartappelpryse- en verkope in 2021.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag gee Lise Roberts vir RSG Landbou-luisteraars ‘n opsomming van belangrike veilings wat binnekort plaasvind. Daarna gesels sy ook met met Frans Seevinck oor Buckridge Bonsmara se tweede produksieveiling.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.