HomePodcastsRSG Landbou: 14 Desember 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 14 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Johan van den Berg is weer op sy pos met die weernuus in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Verder praat die direkteur-generaal van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mooketsa Ramasodi, oor die regering se investering in die lewendehawebedryf. Christal-Lize Muller het tydens vanjaar se LRF Veeskool met hom gesels.

Chris Derksen brei ook uit oor wat hierdie week met vleispryse gebeur het.

JH Neethling van Rooikoppies Holsteins is vroeër vanjaar aangewys as die 2023 SA Stamboek Nasionale Elite Genetiese Suiwelkudde van die Jaar. Ons hoor wat hulle boerdery se suksesresep is.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Sinkronisasie by skape: Voordele, nadele, tegnieke en vangplekke

Estimated reading time: 7 minutes Skape se teelsiklus word beheer deur twee hormone, naamlik progesteroon en estrogeen. Progesteroon is dominant tydens dragtigheid en tussen...