Die Wêreld-aartappelkongres is vanjaar in Australië aangebied. Dirk Uys van Aartappels SA gesels oor wêreldtendense en hoe Suid-Afrika se produksie met dié van Australië vergelyk.
Dis amper weer tyd vir Nampo Kaap en ons hoor by Chrystal van Wyk waarna besoekers vanjaar kan uitsien.
As produsente sukkel met die groei van bome op die plaas, is dit waarskynlik as gevolg van die toename van koolstof in die atmosfeer. So sê prof William Bond van die Universiteit van Kaapstad. Hy het tydens die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika-kongres hieroor gesels.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.