RSG Landbou: 14 April 2022 – geborg deur BKB

88
RSG Landbou

Veeplaas wys vanjaar hul eerste Klimaatslim Ambassadeur aan. Daar is tans vyf finaliste wat vir dié titel meeding. Die beoordelaar, dr Louis du Pisani, gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor die kriteria en wat hierdie veeprodusente juis klimaatslim maak.

Daarna bring Aartappels SA RSG Landbou-luisteraars op hoogte met wat die afgelope maand met die aartappelmarkte gebeur het.

Pieter van Wyk, voorsitter van Riversdalskou, gee terugvoer op RSG Landbou oor hoe hulle skou die jaar afgeloop het.

Johan van den Berg gesels soos altyd oor die weer en bespreek meer spesifiek droeë winters en wat die impak daarvan is op landbou.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Dirk van Rensburg gesels op RSG Landbou oor Vrystaat Landbou se reunie wat onlangs plaasgevind het.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.