Hoe kan landbou se groeipotensiaal ontgin word? Daneel Rossouw van Nedbank was een van die gassprekers by die Agri Noord-Kaap kongres. Hy brei uit oor landbou se groeipotensiaal binne die meesterplan in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die prestasie van suiwelprodukte in die plaaslike kleinhandel.
Die Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing maak nie voorsiening vir ‘n aftree-ouderdom nie. Wat is die implikasies hiervan vir die werkgewer en werknemer? Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie werp meer lig op dié onderwerp.
Arthur de Villiers vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat kopers by Arcadia Bonsmara produksieveiling kan verwag wat in September plaasvind .
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.