Tuesday, March 21, 2023

RSG Landbou: 13 Oktober 2022 – geborg deur BKB

Handel tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië gaan hopelik vinnig uitbrei na die eerste vergadering tussen die twee lande op 3 Oktober. Wolfe Braude van Agbiz gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor in Donderdag se aflewering van die program.

Die wêreld se nommer een katoenproduserende land is Indië met 13 miljoen produsente. Wêreld Katoendag is op 7 Oktober gevier en tydens dié viering het Hennie Bruwer van Katoen SA met RSG Landbou oor die onderbenutte potensiaal van dié gewas in Suid-Afrika gesels. ‘n Nuwe bestuurshandleiding vir katoenprodusente is ook bekendgestel en dr Annette Bennett brei hieroor uit.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Pieter de Bruin van De Bruin Bonsmaras en Kalkvleiboerdery brei uit oor hulle produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories