‘n Sportdag vir plaaswerkers van die Matsikama-area is onlangs op Vredendal gehou. Volgens Heinrich Robertson van die Weskus-distriksmunisipaliteit het bykans 500 plaaswerkers aan verskeie aktiwiteite deelgeneem. Ons gesels met Heinrich hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Die ISAE of International Society for Applied Ethology, wat fokus op dierewelsyn en -gedrag, het vir die eerste keer ‘n werkswinkel vir Suider-Afrika aangebied. Ons gesels met prof Esté van Marle-Köster van die Universiteit van Pretoria se Departement van Dierewetenskappe hieroor.
Johan Mouton by Molatek vertel vir RSG Landbou-luisteraars oor die belangrike rol wat fosfaat in ‘n dier se liggaam speel.
Luister nou na dié insiggewende onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.