HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 13 Maart 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 13 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Boere hoef nie bekommerd te wees oor onteiening sonder vergoeding nie – dit is die woorde van prof Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy was een die sprekers by vanjaar se Swellendam-skou.

Saai het tydens ‘n media-konferensie hulle stryd om vergoeding vir Zimbabwiese boere bespreek en dr Theo de Jager en Willie Spies brei hieroor uit.

‘n Boer van Bothaville, Chris Jansen van Rensburg, het tydens Mielieboere Bonsmaras se veiling, R100 000 vir ‘n Bonsmara-bul betaal. Christal-lize Muller vra hom hieroor uit en praat ook met hom oor die plaaslike beesbedryf.

Daar is ook soos oudergewoonte weer op ‘n Maandag nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Sukses beteken goeie bestuur en die regte kultivar vir jóú plaas

Estimated reading time: 6 minutes Die bestuur van weerstandigheid en korrekte mielie- en sojaboonkultivarkeuses was die hoof besprekingspunte tydens vanjaar se Pannar Extravaganza. Die...