In Dinsdag se RSG Landbou kuier ons verder by die algemene jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging wat in Graaff-Reinet plaasgevind het. Pierre van der Vyver van House of Fibre praat onder andere oor die impak van beurtkrag op die bedryf.
Daarna is bedryfsveearts, dr Mackie Hobson, aan die woord. Hy praat oor die insameling van monsters vir die vervaardiging van hartwater-enstowwe.
Die tweede Karoo Winter Wolfees is om die draai en die volle wolwaardeketting word daar bekendgestel. Yolandi Erasmus vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.
Heinrich Victor van OVK is ook op sy pos met die jongste wolmarkverslag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.