Die verbruiker en produsent beweeg danksy sosiale media, al nader aan mekaar. Dít beïnvloed weer verbruikerspersepies. RSG Landbou vra vir prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat hieroor uit.
Ian Cunningham is onlangs as Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys en in Maandag se RSG Landbou gesels ons met hom.
Carin Venter het twee wolboere, Eben du Plessis en Peter Cloete, by die NWKV-kongres raakgeloop en hulle gesels oor die waarde van so ‘n geleentheid.
Daarna vertel Jan Meaker van die SA Braford-genootskap vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle met hul 8ste produksieveiling beoog.
Luister nou na hierdie onderhoude.
Luister hier na vorige uitsendings.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.