Saturday, January 28, 2023

RSG Landbou: 13 Desember 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Spilpunttegnologie het tot so ‘n mate ontwikkel dat produsente hul water optimaal kan bestuur. Gerrie Wiese en Theunis Volschenk van Lindsay Africa gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hieroor.

Dan is die aartappelmot, wat groot skade veroorsaak, ook onder bespreking en Dirk Uys van Aartappels SA werp lig hierop.

Daarna is Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersvereniging aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor dié bedryf in 2022.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories