RSG Landbou: 13 Augustus 2024 – geborg deur BKB

Ons kuier by die Marlow Boeredag. Dié landbouskool bied jaarliks hierdie dag aan en ons gesels met die skoolhoof, Graham Bellingan en twee gr. 10-leerlinge, Jan Eksteen en Gustav van Heerden.

Fanie Ferreira van die Melkprodusente-organisasie verduidelik wat die stand van sake is ten opsigte van die impak van bek-en-klouseer op melkprodusente in die Oos-Kaap.

Ons hoor ook van prof Kevin Kirkman van die Universiteit van KwaZulu-Natal, hy het tydens die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika-kongres die basiese beginsels van weidingsbestuur, onderstreep.

Dan het die Wes-Kaapse Jeugskou-span van die Suid-Afrikaanse Jeugskou kampioenskappe onttrek as gevolg bek-en-klouseer. Breyton Milford, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo brei uit.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...