Wat is die impak van klimaatsverandering op toekomstige aartappelverbouing? Prof Martin Steyn van die Universiteit van Pretoria gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor hulle navorsingstudie.
Die invloed van die oorlog in Oekraïne op die wêreld se suiwelbedryf is reeds sigbaar. Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO, oftewel die Suid-Afrikaanse Melkprosesseringsorganisasie gesels met RSG Landbou-luisteraars ook oor die impak wat dié oorlog ook op die plaaslike primêre en sekondêre suiwelbedryf gaan hê.
Daarna is Rubé Bradfield aan die woord. Sy is van BKB se eiendomme-filiaal, Home & Hectare, en sy brei uit oor die tipe kundigheid wat ‘n agent wat in plaaseiendomme spesialeer, moet hê.
Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels hierdie keer oor die beweging van die rand.
Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.