Saturday, April 1, 2023

RSG Landbou: 12 September 2022 – geborg deur BKB

Hannes Wolvaardt van Giyani in Limpopo, is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys. Dit is die tweede keer dat dié eer hom te beurt val. RSG Landbou-luisteraars kan in Maandag se aflewering van die program hoor hoe dié soetrissieprodusent sy besigheid intussen uitgebrei het.

Dan het Wagyu SA tydens hulle jaarvergadering en kongres, dié genootskap se eerste drie ekonomiese seleksie-indekse bekendgestel. Waldo Scheepers verduidelik in RSG Landbou wat dit behels en daarna hoor ons ook van Johan de Vos wat as voorsitter uitgetree het.

Ons sluit die program met lekker veilingsnuus af. Ro’an van Tonder van Meerkat brei uit oor wat kopers binnekort op die N12 in Potchefstroom se veiling 12 September 2022 kan verwag.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories